Andromeda | ||||
Latynse naam | Andromeda | |||
Genitief | Andromedae | |||
Afkorting | And | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 0h 47m | |||
Deklinasie | +37º | |||
Grootte | 722 vk. grade (19de) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 16 | |||
Helderste ster | Alpha Andromedae (Alpheratz) | |||
Naaste ster | Ross 248 | |||
Sterre helderder as 3 m | 3 | |||
Sterre met planete | 10 | |||
Messier-voorwerpe | 3 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 65 | |||
Simboliek | Prinses, Griekse mitologie | |||
Meteoorreëns | 1 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Perseus, Kassiopeia, Akkedis, Vlieënde Perd, Visse, Suidelike Driehoek | ||||
|
Andromeda (ook die Latynse naam) is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit is noord van die hemelewenaar geleë en is genoem na die prinses in die Griekse mite van Perseus wat aan ’n rots vasgeketting is sodat ’n seemonster haar kon eet.
Die sterrebeeld is die sigbaarste in die Noordelike Halfrond saam met ander sterrebeelde wat na karakters in die Perseus-verhaal genoem is. Dit is net sigbaar tot 40° suid; vir waarnemers verder suid is dit onder die horison.
Andromeda is een van die grootste sterrebeelde, met ’n grootte van 722 vierkante grade. Dit is 1 400 keer so groot soos die volmaan en sowat tien keer so groot soos die kleinste sterrebeeld, die Suiderkruis.
Dit bevat ook die Andromeda-sterrestelsel (M31), die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg.